PLG in the news! Article in Sake 24: Nog ‘n skoolgroep kom beurs toe

Investors
November 12, 2016
Article published via Business Tech on 15 November 2016: Another schools group to list on the JSE
November 26, 2016

PLG in the news! Article in Sake 24: Nog ‘n skoolgroep kom beurs toe

14 November 2016

Die Pembury Lifestyle Group (PLG) het toestemming van die JSE gekry om sy skoolgroep op die AltX, die JSE se alternatiewe beurs vir kleiner maatskappye, te noteer. Pembury, wat aanvanklik op aftreeoorde gefokus het en later ook private skoolkampusse begin vestig het, sal die derde genoteerde groep met belange in private skole wees. Hy beoog om teen volgende jaar sewe kampusse met 19 skole te bedryf – ’n kampus bestaan gewoonlik uit ’n preprimêre skool, ’n primêre skool en hoërskool.

Die eerste stap is volgens Andrew McLachlan, uitvoerende hoof, om PLG Schools op die AltX te noteer. Dit sal onder meer die eiendom van elke skool insluit.  Sy portefeulje van aftreeoorde kan later volg, afhangende van beleggersaptyt daarvoor, het McLachlan luidens ’n verklaring gesê “Die eerste stap is belangrik omdat dit ons posisioneer vir toekomstige groei en die maatskappy na behore struktureer om bykomende eiendom vir skoolkampusse aan te skaf,” sê hy.

PLG Schools oorbrug luidens die verklaring die gaping tussen skoolgeld betaalbaar by regeringskole en die “elite” onafhanklike skole. “Ons visie is om onafhanklike, gehalteonderwys toeganklik en bekostigbaar vir meer mense in Suid-Afrika te maak,” verduidelik McLachlan. PLG Schools het tans kampusse in Gauteng en Noordwes en beplan om volgende jaar nuwe kampusse in Centurion, Roodepoort en Springs te open.  McLachlan verwag dat dit teen 2022 tot 19 kampusse en 55 skole sal groei.

PLG Schools het ook ’n glinster in die oog vir tersiêre onderwys en tegniese kolleges.  “Ons sien reuse-potensiaal in dié soort naskoolse instansies,” sê McLachlan. PLG Schools hoop om sowat R140 miljoen uit die notering te verkry. Skoolgeld by sy skole wissel tussen R18 000 en R54 000 jaarliks per leerling.

By JJ van Wyk

Link to the article: http://www.netwerk24.com/Sake/Maatskappye/nog-n-skoolgroep-kom-beurs-toe-20161114

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *